Elections 2014News

VF+ trots op premierskandidaat

Die Vryheidsfront Plus (VF+) se provinsiale partyraad het dr. Ilse de Beer as hul provinsiale premierskandidaat vir die komende verkiesing aangewys.

POLOKWANE – Die Vryheidsfront Plus (VF+) se provinsiale partyraad het dr. Ilse de Beer as hul provinsiale premierskandidaat vir die komende verkiesing aangewys.

De Beer is gebore en getoë in Florida, Roode-poort, waarna sy aan die PU vir CHO (nou Noordwes Universiteit Potchefstroom) studeer het.

Sy het haar MA in sielkunde voltooi en op die studenteraad gedien. Sy het ook die universiteit se Raadsmedalje ontvang.

De Beer het haar doktoraat in sielkunde aan Tukkies verwerf.

Sy praktiseer tans in Mookgophong, waar sy ook besonder aktief in die gemeenskap is. Sy is getroud met Elardus de Beer en hulle het vier kinders.

Volgens raadslid Johan Willemse is die VF+ trots op die kaliber van hulle premierskandidaat.

Related Articles

Back to top button