Local NewsNews

Osie-hoof skrop-skrop in dié oulike fabel

Op Donderdag, 24 Januarie, het ouers, leerders, personeel en die beheerliggaam bymekaar gekom om in die presteerders se sukses te deel. Tydens hierdie geleentheid het Skoolhoof, Gideon Pelzer, met die leerders en hul ouers gesels oor hoe hulle net hulself moet wees.

POLOKWANE – Elke jaar, kort nadat die skool in Januarie begin, hou Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) hul jaarlikse Meriete-aand. Tydens hierdie geleentheid word leerders beloon vir hulle vorige jaar se prestasies.

Op Donderdag, 24 Januarie, het ouers, leerders, personeel en die beheerliggaam bymekaar gekom om in die presteerders se sukses te deel. Tydens hierdie geleentheid het Skoolhoof, Gideon Pelzer, met die leerders en hul ouers gesels oor hoe hulle net hulself moet wees.

Hy vertel van ‘n oubekende verhaal uit die suide van Amerika, waa ‘n arendeier wat in ‘n hoenderhok beland het.

“Soos verwag kan word het die arendeier uitgebroei en het hy saam met die hoenders grootgeword. Hy skrop op die grond, hardloop agter die insekte aan en pik op die grond rond, net soos die hoenders doen. As daar gevaar is, hardloop hy en skuil onder die hen se vlerk. Hy was egter van die staanspoor af anders as die ander hoenders. Toe hy uitgegroei is, sien hy eendag ‘n arend wat hoog bo die grond sweef. Hy vra vir sy hoender-ma wat vir ‘n ding dit is. Die hen het hom geantwoord dat dit ‘n arend is, maar dat hy ‘n hoender is en dat hy dit nooit sal regkry om so te sweef nie. Hy het dit so aanvaar en is jare later dood, terwyl hy steeds geglo het hy is ‘n hoender en dat hy dit nooit sal regkry om te vlieg nie.”

Gideon vergelyk die verhaal met ‘n mens se lewe.

“Mense lewe ‘n 50% lewe, ver onder hulle potensiaal. Hulle probeer iets, of iemand anders wees en kom nooit daarby uit om net hulself te wees nie. Intussen is daar soveel moontlikhede in hulself opgesluit wat onbenut lê en nooit realiseer nie.”

Die vraag ontstaan hoe slaag ‘n mens daarin om jouself te wees.

Gideon deel wenke wat deur die skrywer van die artikel wat hy gelees het, gedeel is:

• Aanvaar jouself. Maak vrede met wie jy is.

• Oorwin agterstande, hou op om verskonings te maak.

• Besluit wat en waar jy wil wees en werk daarvoor. Jy is wat jy besluit om te wees.

• Moenie bang wees nie. almal maak foute, jy mis 100% van die kanse wat jy nooit vat nie.

• Jy kry net uit die lewe uit wat jy bereid is om in te sit.

• Konsentreer op jou sterkpunte. Ken jouself en vergeet van die ander of wat hulle kry of bereik.

• Moet nooit moed opgee nie.

• Geniet dit wat jy doen en

• Vertrou op God.

“Vannaand ontvang jy erkenning vir dit wat jy vermag het en nie dit wat die ander maats in jou klas vermag het nie. Wees trots op dit wat jy bereik het, maar bly altyd nederig. Dink ook aan die maats wat nie hier is nie, tenspyte daarvan dat hulle hard gewerk het.”

Lees meer oor die pryswenner in dié week se Polokwane Review.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button