CrimeNews

2 vas na roof by Jaagbaan Lodge buite Mokopane

Die Mokopane Polisie doen 'n beroep op alle inwoners wat die slagoffers van misdaad en beroof was tussen die R101 en N1 deur verdagtes in 'n goue Toyota Corolla, om na vore te kom.

MOKOPANE – Twee veiligheidswagte is vasgebind en aangehou met messe terwyl drie verdagtes hulle op 13 November by Jaagbaan Lodge net buite Mokopane beroof het.
Irene Masingi, Woordvoerder van die Mokopane Polisie, sê die verdagtes het die wagte deursoek en vyf selfone en twee tweerigting radio’s gesteel. “Die verdagtes het toe na die huis beweeg en ‘n skuifdeur gebreek om toegang te verkry. Hier het die verdagtes vyf Sinotec 32 cm plasma-TV stelle en handdoeke gesteel.”
Die polisie het kort daarna die eerste verdagte, Alpheus Ndou (30), op die toneel inhegtenis geneem en die gesteelde goedere in sy besit gevind.
“Op 20 November het lede van die Mahwelereng trio-taakspan daarin geslaag om die tweede verdagte, ‘n 39 jarige man, by Greenside, buite Polokwane inhegtenis geneem. In die besit van die verdagte is die Toyota Corolla gevind wat in die aanval gebruik is.”
Masingi sê die eerste verdagte, het op 16 November in die Landdroshof in Mokopane verskyn en sy saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Die tweede verdagte wat in Polokwane in hegtenis geneem is, word nog aangehou en moet nog in die hof verskyn. Die derde verdagte is nog op vrye voet.
Die Mokopane Polisie doen ‘n beroep op alle inwoners wat die slagoffers van misdaad en beroof was tussen die R101 en N1 deur verdagtes in ‘n goue Toyota Corolla, om na vore te kom.
Hulle kan kapt. Daniel Moserwa by 071 672 8614 kontak.
bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button