Local NewsNews

Bederf bejaardes met ‘n geskenk

Soos die jaarlikse instelling vir die afgelope drie jaar, is dit weer tyd vir die Bejaarde Kersfeesprojek wat deur Yolande Coetzee, DA raadslid gedryf.

MOKOPANE – Jaarliks maak die gemeenskap hul harte oop vir die inwoners van Herfsland en Soetdoring en word hulle met ‘n geskenkie, wat deur die dorp se kinders uitgedeel word, bederf. Yolande sê: “Vanjaar wil ek kyk of ons dalk die Piet Potgieter Monument Ouetehuis en die ander bejaarde inwoners wat verbonde is aan die Dienssentrum ook kan help met ‘n geskenkie.”

Sy sê dat geskenke ‘n gemiddeld bedrag van R100 kan kos en dit kan afgegee word by Kerkstraat 42. “In Herfsland en Soetdoring alleenlik is daar 84 tannies en 39 ooms wat ‘n geskenkie kort. Hierdie jaar beoog ek dat die kinders die bejaardes met Kersliedere vermaak, terwyl Kersvader hul geskenkies uitdeel. Baie dankie aan die dames wat fluks inspring en help geskenkies bymekaar maak. Dit word werklik waardeer.”

Yolande vra die gemeenskap se hulp om weer vanjaar hul Kersfees spesiaal te maak. “Dit is belangrik vir die bejaardes om te weet dat die gemeenskap hul nog waardeer.” Alle geskenke moet voor 1 Desember ontvang word.

Pakkies kan enigiets bevat van ‘n lekker ruik dingetjie tot eetgoed. “Dit is net ‘n bederfie sodat hulle weet hulle is nog spesiaal en ons dink aan hulle in hierdie feesseisoen.” Vir meer, kontak Yolande by 079 2737 986.

Related Articles

Back to top button