Local NewsNewsUpdate

VIDEO: Anru beplan groot dinge vir renosters

Op ses jaar oud droom meeste jong seuns daarvan om jagters of boere of selfs polisiemanne en brandweermanne te word, maar al wat Anru Botha van Werk en Wen Kleuterskool wil doen, is om renosters te help.

POLOKWANE – VroeĆ«r hierdie jaar, met sy verjaarsdag, het Anru besluit om vir almal te vra om eerder geld as geskenke te gee, sodat hy dit aan renosterbewaring kan skenk.

Anru Botes met sy gunsteling speelding.

Sy droom was toe om melkbotteltieties vir baba renosterste gee en ook geld vir die renosterpolisie. “Ek hou baie van renosters, hulle is mooi en ek wil graag saam met hulle speel,ā€ vertel Anru.

Lees meer: Anru (6) daag jou uit op sy vejaarsdag

Soos die jaar aangestap het het sy drome nie veel verander nie en samel hy herwinbare produkte in, wat hy dan aan AntiWaste verkoop om diƩ geld dan aan renosterbewaring te skenk.

Anru Botes by sakke plastiek bottels.

Op Maandagmiddag het hy en sy ouers, Angelique en Christo, 10 kg se plastiekbottels gaan aflaai.

“Ons het ongeveer ‘n maand gelede begin met die insameling en gaan dit aanhou doen. Die geld sal ons oor twee jaar aan die Limpopo Rhino Security Group oorhandig.

Iemand wat graag vir Anru wil help om sy droom te bewaarheid kan vir Angelique by 072 267 3993 kontak.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button