Local NewsNews

Groot musiekname klop by Wicus aan

Jong sangers wat daarvan droom om bekend te wees soos Bianca le Grange, Mandoza en Hemelbesem dink altyd dat hulle in stede soos Johannesburg en Kaapstad moet woon om raakgesien te word.

POLOKWANE – Met diĆ© wat musiekprodusent, Wicus Struwig, hom nou permanent in Polokwane gevestig het, het jong kunstenaars nie nodig om hul wortels uit te trek en hulself elders te vestig nie.

Wicus en sy vrou, Ulalia, het aan die einde van 2015 na Polokwane verhuis. Hy produseer musiekvideos vir groot name in die musiekbedryf, insluitend Hemelbesem en Bianca.

Hy vertel dat hy die professionele musiebedryf iewers tussen 1997 en 1998 betree het en dat hy sedertdien saam met groot name in die musiekbedryf soos Brenda Fassie, Rebecca Molope en Ringo gewerk het.

“Later het ek by 999 Music gaan werk waar ek saam met kunstenaars soos Lira, Mandoza en Denim gewerk het. Die liedjie Cryzy Love is een van my werke.”

Hy vertel dat hy anders werk as ander ateljees met diƩ dat hy musiek en videos opneem.

Hy het in 2012 besluit om op sy eie te begin werk en sy beweegrede agter die skuif na Polokwane was dat hy gevoel het hier is baie potensiaal.

“Hier is geweldig baie talent in Limpopo en almal dink altyd alles moet by groot ateljees gedoen word. My produksies gaan direk na televisiekanale soos KykNet en Trace toe, asook na bekende radiostasies. Ek begin ook nou meer met Afrikaanse kunstenaars werk. My oogmerk is om ‘n unieke klank uit te bring en ek vra ook nie ‘n belaglike prys vir diĆ© diens nie.”

Sy program om ‘n liedjie op te neem begin by die skryf van die liedjie, waarna daar musiek bygesit moet word. Daar word besluit in watter styl, of genre die liedjies geskryf gaan word.

Hy vertel dat hy dikwels moet reis na plekke soos Dubai en Mauritius om videos op te neem. Hy doen ook korporatiewe videos waar hy besighede blootstelling gee deur middel van videos en digitale besigheidskaartjies.

“Ek neem ook skole se revue-optredes op en neem videos by troues waar ek ook dikwels die platejoggie is.”

Sy jongste werk, Kalimera, saam met Bianca le Grange, Hemelbesem en Lukmaan Adams is tans te sien op Wicus se Facebookblad.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button