Local sportSport

Jong stoeiers wys hul staal

Die Suid-Afrikaanse Jeugstoeikampioenskappe is onlangs in die Wynberg Militêre saal in Kaapstad gehou en plaaslike stoeier het gaan uithaal en wys.

POLOKWANE – Agt stoeiers van die Ion Baciu stoeigimnasium het hul deel gedoen om Limpopo te gaan verteenwoordig.

Die stoeiers is Ziahn Lombaard, Pieter Joubert, AJ Pretorius, Steyn de Lange, Lené van As, Chris Lourens, Reinhard Janse van Vuuren en Kegan Coetzee.

Uitslae is:

• In die o/10 vrystyl, 50kg wen Zihan Lombaard goud.

Zihan Lombaard stoei reeds van gr.1 af, dus reeds vier jaar: “Stoei leer jou dissipline, deursettingsvermoe, en deur harde werk pluk jy die vrugte,”
Hy speel ook graag rugby en krieket. Sy stokperdjies sluit in jag en visvang.

• In die 0/10 vrystyl vat Pieter Joubert brons.

Pieter Joubert stoei sedert Mei 2016 en het in 2017 begin kompetisies stoei. “Dit maak my sterk, maar vir my gaan dit oor die eie persoon. Niemand behalwe jyself is in beheer van ‘n geveg se uitkoms nie.” Pieter het vanaf gr. by Ooskool rugby gespeel tot in 2017, waarna hy besluit het om stoei as sy enigste sport aan te durf. Hy werk hard vier dae ‘n week om die beste te wees in sy ouderdom en gewig. Hy beskryf homself as ‘n teruggetrokke en saggeaarde persoon.

• In die 0/13 Grieks-Romeins styl, 48kg neem AJ Pretorius silwer.

• In die 0/15 vrystyl vir vroue, 50kg wen Lené van As goud.

Lené van As stoei reeds meer as sewe jaar. “Ek hou van stoei want dit help om van my frustrasies ontslae te raak.” As sy nie op die stoeimat is nie hou sy daarvan om hokkie te speel maar stoei bly steeds haar eerste liefde. Sy beskryf haarself as iemand wat weet wat sy wil hê en werk hard as sy eers op iets besluit het.

• In die 0/15 Grieks-Romeins styl, 44kg vat Chris Lourens silwer.

Chris Lourens stoei al agt jaar, maar eers kompeterend vanaf 2014. “Op die mat is dit net jy en jou opponent wat sake uitspook. Die oefening is ook lekker want jou hele lyf baat daarby. Die dissipline en uithouvermoë help my baie in my skoolwerk en ook klavier,”
Chris het ook reeds sy 116de Parkrun voltooi, en verder geniet hy dit om X-boks te speel en lees baie graag boeke soos Hunger Games en Percy Jackson. Hy hou van grappies en om nuwe dinge saam met sy familie te doen.

• In die 0/15 vrystyl, 85kg wen Kegan Coetzee goud.

Kegan Coetzee is die o/15 (85 kg) (SA Kampioen). Hy stoei nou sewe jaar en met elke jaar groei sy passie vir die sport net meer en meer. “Ek hou van stoei omdat dit uitdagend is en druk my om elke dag ‘n bietjie beter te wees. Stoei leer mens baie van selfvertroue, dissipline en respek vir jou mede stoeiers, nie net op die mat nie maar langs die mat ook.”

• In die 0/15 vrystyl, 57kg kry Reinhard Janse van Vuuren silwer.

Reinhard stoei al vir omtrent agt jaar by Ion Baciu stoeiklub. Hy geniet die sport want dit bied die heeltyd nuwe uitdagings, “Dit leer jou om vinnig te dink en maak jou fiks en sterk,”
Reinhard presteer ook in fietsry, en vir ontspanning vang hy graag vis. Reinhard is baie Kompeterend, toegewyd en het deursettings vermoë om hard te werk en sy beste te gee in dit wat hy aanpak.

In die Grieks-Romeins styl behaal Reinhard Janse van Vuuren ‘n vierde plek.

Steyn de Lange stoei reeds vir 12 jaar al en is eerlik deur te sê dat die sport nie altyd vir hom lekker is nie maar hy sal dit nooit los nie: “Dit is goeie oefening en leer ‘n mens dissipline wat jy oral in jou lewe kan gebruik”.

Ziahn Lombaard, Lené van As en Kegan Coetzee verwerf ook hul Suid-Afrikaanse kleure en Limpopo kleure vir stoei.

Ziahn Lombaard en Pieter Joubert voor saam met AJ Pretorius, Steyn de Lange (assistent afrigter), Lené van As, Jan Roets (afrigter) en Chris Lourens het gaan deelneem aan die SA stoeijeugkampioenskap.

AJ Pretorius, Chris Lourens, Reinhard Janse van Vuurenen Tjay Burger verwerf Limpopokleure omdat hulle reeds drie agtereenvolgende jare in die Limpopospan opgeneem is, en die provinsie tydens die Jeugkampioenskappe verteenwoordig het.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button