Local NewsNews

Ongeluk eis lewe van jong Mookgophong besigheidsman

'n Bekende inwoner en die eienaar van Electroshaw in Mookgophong is verlede Saterdag op slag dood toe hy en een van sy werknemers, Henko Barnard, teen 'n trok op die N1 snelweg gebots het.

MOKOPANE – Die botsing het sowat 4,5 km noord vanaf die motorhawe en Saloon 2000 op die Potchefstroompadoorbrug gebeur.

Henko het aan Bosveld vertel dat hy en Shawn in hul Mercedes Vito op pad terug Mookgophong toe was nadat hul werk in die Kaap gaan doen het.

“Ek en Shawn het Vrydagmiddag om 16:00 in die Kaap gery.

“Toe ons soontoe gegaan het, het ons op Colesberg oorgeslaap, maar Shawn wou met die terugkom deurskiet om vroeër by die huis te wees.

“Ek het geslaap terwyl hy bestuur het en het wakker geskrik van die remme wat skree. Dit is moeilik vir my om te sê wat regtig gebeur het, maar ek vermoed dat die trok voor ons nie ligte gehad het nie.

“Daar word beweer dat Shawn aan die slaap geraak het, maar as hy geslaap het glo ek nie hy sou so kon rem nie.”

Die Mercedes Vito waarin Shawn Fouché verongeluk het. Foto: Jannie du Plessis

Henko het snye in sy gesig opgedoen en ligamente in sy skouer en knie beseer. Hy sê Shawn het nog gelewe na die slag.

“Hy was agter die stuur vasgepen. Ek het glas van hom afgehaal en sy gordel losgemaak. Dis toe dat ‘n ander man wat gestop het vir my verduidelik om hom eerder te los tot die paramedici daar aankom.

“Hy het nooddienste van Shawn se foon af geskakel. Dit het vir hulle sowat ‘n uur en 30 min gevat om daar aan te kom. Minder as tien minute voor hul aankoms het Shawn sy laaste asem uitgeblaas. Shawn se pa, oom Piet, het ook na die toneel gejaag. Sy hart is stukkend.”

Shawn se begrafnis is vanoggend gehou. Hy laat sy seuns Dylan en Justin na, asook sy pa en stiefma, Piet en Joey Fouché, sy ma Gwen van der Watt, broers, Vincent en Jean en suster Gwen Dirker.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button