NewsSchools

VIDEO: Terug-in-tyd-klanke wen top prys vir dié Osies

Elke mens het 'n talent. Of dit nou sing, dans, teken of skryf is, almal het iets waarin hulle goed is.

POLOKWANE –  Vir drie jong dansers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het hul danstalent hul nie net ‘n eerste plek by Osies Got Talent laat wen nie, maar ook ‘n paar Rand in die sak en geskenkbewyse om by Splash te gaan swem.

Die drie, Danica de Lange, Jade Campbell en Kylie Campbell, het ongeveer drie weke gelede besluit om deel te neem aan die jaarlikse Osies Got Talent-kompetisie.

“Ek wou bitter graag deelneem en hierdie jaar is die eerste keer wat ek mag deelneem. Ek het my ma gevra of ek en my sussie, Kylie, mag deelneem en sy het ingestem. Ons het toe besluit om vir Danica deel te maak van ons dans,” vertel Jade, wat saam met Danica in gr. 3 is. Kylie is in gr. 5 en vertel dat aangesien hulle gewen het, mag hulle eers weer oor twee jaar deelneem.

“Ek het al die bewegings uitgewerk en ons het besluit om op ‘n liedjie te dans wat dele van ander liedjies het, toe besluit ons op The last 20 years,” vertel Kylie.

“Ons het net drie weke gehad om te oefen en toe ons wen kon ek dit nie glo nie.”

Danica lag en vertel sy het “ge-woop-woop” toe sy hulle name hoor en Jade wou net skree van opgewondenheid.

Kyk hier na uittreksels van hul dans:

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button