NewsSchools

VIDEO: Curro groet hul matrieks

Die einde van die skoolpad het aangebreek vir die gr. 12-leerders van Curro Heuwelkruin wat hul laaste skooldag by die skool gespandeer.

POLOKWANE – Tydens die afskeidsfunksie het die 2018 hoofleiers, Quenique Chalmers en Dylan Catto gepraat oor hoe baie die skool vir hulle beteken. Die opening van dié spesiale dag het begin met ‘n erewag-instap.

Dylan het vertel dat sy maats op die skoolbanke hom altyd sal bybly al verloor hulle eendag kontak.

Quenique het die skooljare en skool met ‘n boom vergelyk en die leerders se groeiproses in beeld gebring as die takke van die boom.

Om die geleentheid af te sluit het elke leerders ‘n Bybel ontvang as hulle handlyding van die lewe. ‘Ek hoop hiermee dat ons as onderwysers julle die laaste bietjie hulp kan gee om die lewenspad wat nou voor julle is aan te pak,” het Skoolhoof Eben Lingenvelder aan die leerders gesê.

Die leerders het ook hulle handmerke agter te gelaat in sement ‘n sementblok wat in die skool opgehang gaan word.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button