NewsSchools

Kleuters word besoek deur Pizzaman

Op Donderdagoggend, terwyl die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool nog 'n laaste keer oefen vir hul konsert die aand, het hulle besoek ontvang vanaf Pizza Pete, Panarottis Mall of the North se gelukbringer, wat kom kuier het en sommer 'n klomp pizzas saamgebring het.

POLOKWANE – Pizza is rond, maar word afgelewer in ‘n vierkantige boks. Wanneer dit gesny word, kry elkeen ‘n driehoekige stukkie om aan te knibbel. Sirkels, vierkante en driehoeke is van die woorde wat gereelde by verskeie skole en veral kleuterskole gebruik word. Wanneer kinders wat van dié vorms leer dit kan sien, aan dit vat en dit dan kan eet, onthou hulle dit makliker.

Pizza Pete gesels met die kinders. Foto: Verskaf.

Pizza is ook ‘n manier waarop ‘n kind dalk ‘n groentesoort of twee kan inkry, aangesien meeste ouers sal kan saamstem dat groente ‘n baie lelike woord in ‘n kleuter se woordeskat is.

Op Donderdagoggend, terwyl die kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool nog ‘n laaste keer oefen vir hul konsert die aand, het hulle besoek ontvang vanaf Pizza Pete, Panarottis Mall of the North se gelukbringer, wat kom kuier het en sommer ‘n klomp pizzas saamgebring het.

Die besoek is deel van die #PizzaBusts wat deur Pannarotti’s gehou word. Een van die onderwyseresse het die skool genomineer, aangesien hulle vreeslik hard geoefen het vir hul konsert. Die bestuur van Panarottis het besluit dat die kleuters die pizza verdien en hulle toe verras.

Joshua van Wyk smul aan die pizza.

Die eienaar, Gerhard Roux, was ook by die skool om die kleuters se opgewonde gesiggies te sien.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button