Local NewsNews

Wiers-saak nou eers voor in Mei 2019

Meer as 18 maande nadat Tanya Wiers (44) koelbloedig in haar huis vermoor is, is die saak weereens uitgestel.

POLOKWANE – Die beskuldigde in die saak, Frans Maela, is kort na die moord gearresteer en is sedertdien in aanhouding nadat sy borgaansoek van die hand gewys.

Lees ook: Eduan Park murder suspect in court

Tanya, ma van drie en ‘n huisvrou, is op 7 Februarie 2017 deur haar seun, Rolf, aangetref nadat hy na skool by die huis gekom het. Sy is herhaaldelik met ‘n mes en skêr gesteek en Rolf het op haar naakte liggaam afgekom.

Die verhoor was geskeduleer om in Februarie 2018 te begin, maar was uitgestel tot 10 September.

Op Maandag, 10 September, het die Wiers-gesin by die Polokwane Hooggeregshof bymekaargekom, vol verwagting dat die verhoor sal begin.

Lees ook: Wiers murder: ‘She would only open for someone she knew’

Na bykans ‘n uur-en-‘n-half het die verdediging aangedui dat hulle nie gereed is vir verhoor nie, aangesien die beskuldigde nuwe regsverteenwoordiging gekry het en dié nog nie geleentheid gehad het om bekend te raak met die saak nie.

Die saak is uitgestel na die middag, waarna dit verder uitgestel is na Mei volgende jaar.

Die Wiers-gesin is ongelukkig en Rolf vertel dat hulle nie uitsluitsel kan kry solank die saak sloer nie.

“Ek is baie teleurgesteld in die beskuldigde se advokaat. Hy het reguit gesê dat hy nie voorberei het nie aangesien hy aangeneem het die saak gaan uitgestel word. Ek wil bitter graag weet wat in daardie huis gebeur het die dag van die moord.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button