Local sportSport

Fietsryers trap ‘oor berge, deur dale’

Die Spur Skolebergfietsliga (MTB) het reeds in Julie afgeskop en fietsryers van Hoërskool Piet Potgieter en Laerskool Krugerpark is hard aan die oefen om die Nasionale Kampioenskappe later vanjaar by te woon.

MOKOPANE – Die eerste Limpopo kompetisie was die Tour de Plaas op 28 Julie in Tzaneen en die Tour de Capricorn op 18 Augustus in Polokwane. Die volgende kompetisie, Tour de Lake, sal eerskomende Saterdag by Stanford Lake in Haenertsburg plaasvind.

Die uitslae van die Tour de Capricorn is as volg:

Hoërskool Piet Potgieter:

• Jacques van Bommel (jeug seuns): vyfde plek.

• Pieter Pretorius (jeug seuns): 22ste plek.

• WJ Swanepoel (jeug seuns): 25ste plek.

• Jean-Pierre Spies (jeug seuns): 35ste plek.

• Herman Brummelkamp (sub-juniorseuns): vierde plek.

• Nicole van Bommel (junior meisies): sesde plek.

• SJ van Heerden (sub-junior seuns): 42ste plek.

Laerskool Krugerpark:

• Ruben van Tonder (sub-junior seuns): 16de plek.

• Danyell Swanepoel (sub-junior seuns): 32ste plek.

• Nathan van Heerden (sub-junior seuns): 38ste plek.

• Jaco Le Roux (sub-junior seuns): 45ste plek.

• Henro van der Walt (nipper seuns): vyfde plek.

• Kristen Swanepoel (nipper seuns): 11de plek.

• Basson Wolmarans (nipper seuns): 13de plek.

Basson Wolmarans trap dat die stof staan.

• Owen Hudson (nipper seuns): 15de plek.

• Rossouw Wolmarans (nipper seuns): 16de plek.

• Mathew van Heerden (nipper seuns): 24ste plek.

• Jayden Jordaan (nipper seuns): 29ste plek.

• Marlo van der Walt (sub-nipper seuns): derde plek

• Pierson Schalkwyk (sub-nipper seuns): 15de plek.

• Michelle Gouws (nipper meisies): sesde plek.

Michelle Gouws volg die pad versigtig.

• Chantelle Gouws (nipper meisies): 10de plek.

• Marie-Louise le Roux (sprog meisies): sewende plek.

• Kian du Plessis (sprog seuns): 19de plek.

• Johanno van Tonder (sprog seuns): 29ste plek.

• Tristan Hudson (sprog seuns): 22ste plek.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button