Local NewsNewsUpdate

Oud-Pietie toon steeds verbetering

Die 20-jarige Adel Cato en haar familie se lewens het drasties verander sedert haar ongeluk in Pretoria op 16 Julie.

POLOKWANE – Sy is deur ‘n motor getref toe sy saam met ‘n groep vriende uit was.

Lees meer: Oud-pietie steeds in intensief na kar haar raakry

Adel is ‘n voormalige Polokwaniër wat twee jaar gelede aan die Hoërskool Pietersburg matrikuleer het en is tans ‘n student aan die Universiteit van Pretoria.

Sy speel ook netbal vir Gauteng-Noord asook die Tukkies-span. Sy word deur ‘n gesinsvriend beskryf as ‘n leiersfiguur en ‘n pragtige en positiewe mens.

Adel se pa, Frank Cato, het aan Review gesê dat sy op 10 Augustus haar oë oopgemaak het nadat sy sedert haar ongeluk in ‘n koma was, maar dat daar nog nie vasgestel kan word hoeveel breinskade sy opgedoen het nie. Volgens haar pa lyk dit tans of die skade erg kan wees.

“Daar is verskeie vlakke van wakker-wees,” sê hy. “Dokters sal eers kan sê wat die werklike skade is sodra sy op vlak ses is, en sy is nou wakker tussen ‘n vlak twee en drie. Sy kyk links en regs wanneer sy gevra word om dit te doen, maar praat steeds nie.”

Adel se ouers is bly oor die vordering wat reeds gemaak is en vra steeds voorbidding vir Adel. Hulle mediese fonds is egter uitgeput en hulle het ‘n tekort aan geld vir verdere breinskanderings en behandeling.

Sy sal, nadat sy uit die hospitaal se rehabilitasie-eenheid waar sy nou is en waarskynlik vir 12 to 16 weke sal wees ontslaan is, nog vir bykans ‘n jaar lank as buitepasiënt twee tot drie keer per week behandeling moet kry.

‘n Fonds wat deur ‘n prokureursfima, Dauw Labuschagne Attorneys (014) 592 8097, bestuur word, is gestig en enige hulp sal waardeer word.

Bankbesonderhede:

• Bank: Nedbank Rustenburg.

• Takkode: 160 746.

• Rekeningnommer: 1029 433 623.

• Verwysing: Adel Cato C00045.

Alle bewyse van betaling kan gestuur word na adelcatotrustfonds@gmail.com.

Die familie bedank almal wat hul in die tyd ondersteun en reeds skenkings gemaak het.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button