NewsSchools

Mimi lui Hoërskool Piet Pot-klok ‘n laaste keer

Mimi Pretorius (67) is reeds van 1985 aan Hoërskool Piet Potgieter verbonde en lê die tuig neer vir 'n welverdiende aftrede

MOKOPANE – Geliefde Engelse onderwyser, Mimi van HPP, het Dinsdag vir oulaas die klok by die skool se ingang gelui terwyl die leerders in ‘n erewag hande geklap het as finale groet. Sy het aan die Universiteit van Pretoria haar BA honeurs en BMus honeursgraad verwerf en het ook ‘n nagraadse onderwys diploma behaal.

Sy het by Mokopane College of Education haar loopbaan as musiekonderwyser begin en ook deeltyds by HPP klas gegee. In 2003 is sy voltyds by Piet Pot aangestel.

Mimi is veral trots en dankbaar dat sy in 2017 as Engelse onderwyser aangewys is met die beste uitslae in haar gr. 12-groep in die Waterberg distrik.

Sy vertel dat sy ‘n lieflike tyd by die skool as onderwyser gehad het en dat elke matriekgroep wat sy onderrig het ‘n hoogtepunt was. “Ek sal ook die interhoër baie mis. Ek was altyd by die sang betrokke, maar het nie afgerig nie.” “Ek en my man, Matt gaan in Namibië vakansie hou vir ‘n maand. Ons vertrek op 15 Augustus.

Ek sien baie uit. Ons gaan verder net rustig wees by ons huis in die aftreeoord, Die Oog. Ons bly reeds vanaf Desember al daar.”

Sy bedank al haar kollegas vir hul vriendelikheid en sê dat elkeen ‘n merk in haar hart gelaat het.

“Ek sal HPP nooit vergeet. Ek sal altyd ‘n Pottie bly.”

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button