NewsSchools

Kruinie-netbalmeisies maak skool trots

Bietjie meer as 10 jaar gelede het Curro Heuwelkruin sy deure oop gemaak en sedertdien as 'n Klein Skool aan verskeie sportsoorte deelgeneem.

POLOKWANE – Gedurende die skoolvakansie het hulle ‘n eerste beleef toe die netbalmeisies vir die eerste keer aan die SA Top Schools-kompetisie deelgeneem het.

Vier van Heuwelkruin se spelers is gedurende die toernooi as spelers van die wedstryd aangekondig. Hulle is Moya Leopeng, Lizette Pretorius, Ashden Venter en Ndzalama Lubisi.

“Wanneer ‘n klein skool soos Heuwelkruin by die SA Top Schools deelneem, kan ‘n mens nie anders as om trots te voel nie. Hier tussen die top skole in Suid-Afrika wys Kruinies weereens wat Kruinie-guts is. Dit is die meisies se gesindheid, deursettingsvermoë en moed wat ons trots maak. Dit is die weer probeer na ‘n verloor wat elke oomblik die moeite werd maak. Dit laat ‘n mens besef, vir ‘n skool met ongeveer 90 meisies, is hierdie ‘n ongelooflike geleentheid,” prys André Hay, Sportorganiseerder van die skool.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button