CrimeNews

Kattebakmoord: vrou beken skuld aan hof

Die moordsaak van Dustan Blom, wie se lyk in September laasjaar in sy kar se kattebak by Montecasino gevind is, nader nou sy einde nadat 'n skuldbekentenis deur Maruschka Robinson, voorheen van Polokwane, Woensdag deur die hof in Randburg ontvang is.

POLOKWANE – Die moordsaak van Dustan Blom, wie se lyk in September laasjaar in sy kar se kattebak by Montecasino gevind is, nader nou sy einde nadat ‘n skuldbekentenis deur Maruschka Robinson, voorheen van Polokwane, Woensdag deur die hof in Randburg ontvang is.

Blom se lyk is op 17 September 2013 in die parkeerterrein by Montecasino gevind nadat veiligheidswagte ondersoek ingestel het as gevolg van ‘n slegte reuk wat vanaf die motor gekom het.

Robinson is op 26 September in hegtenis geneem en haar vriend, Jean-Pierre Malan twee dae later.

Volgens die staatsaanklaer, Yusuf Baba, sal die staat ‘n saak van moord met voorbedagte rade voorhou.

Die staat sal inligting ten opsigte van die moordtoneel, wat deur Robinson uitgewys is, die forensiese verslag wat toon dat Blom verwurg is en ‘n forensiese verslag aan die verdediging verskaf.

Robinson en Malan het glo R35 000 uit Blom se rekening getrek. Blom se vrou is in Maart 2013 dood na die geboorte van ‘n tweeling.

Robinson het na bewering toegang tot Blom se bankkaarte en -rekening gehad, asook sy paspoort en ID nadat sy hom na bewering in Mei 2013 gehelp het om vrygelaat te word nadat hy van dronkbestuur aangekla is. Malan het na bewering vier identiteitsdokumente gehad asook ‘n vervalste rybewys. Ander bewysstukke in die saak is kringtelevisiemateriaal van Montecasino.

Die saak is na vandag (Dinsdag) uitgestel.

Vier ander mans, Louis en Heinrich Coetzee, Ian Manyika en Alex de Kooker wat ook verbind word met die saak sal more (Woensdag) voor die hof verskyn. Hulle verskyn op twee aanklagte van bedrog elk nadat bykans R100 000 uit Blom se bankrekening getrek is.

Die saak teen hulle is tot more uitgestel nadat De Kooker nie verlede week in die hof was nie.

Related Articles

Back to top button