Local NewsNews

Ent vee nou in teen Slenkdalkoors, maan veeartse

Boere word daarop gewys om hulle diere en vee nou in te ent teen Slenkdalkoors na Kenia se owerhede onlangs 'n waarskuwing uitgereik het.

LIMPOPO – Dr. Henk Visser, ‘n veearts in Mokopane, sê die eerste geval is in Mei in Jacobsdal in die Vrystaat aangeteken.

“Gerapporteerde gevalle so laat in die seisoen en reeds in die winterseisoen is kommerwekkend.

“Ons verwag nie dadelik ‘n epidemie nie, maar kan ‘n uitbraak in die somer verwag. Dit is hoekom ons vir die boere waarsku om nou reeds hulle diere te ent om ‘n uitbraak in die somermaande te verhoed.”

Volgens Visser word die Skendalkoors veroorsaak deur ‘n virus wat oorgedra word deur muskiete.

“Hulle kan dalk onaktief wees in koue, maar die muskiete het reeds op besmette bloed geteer en kan in swerms as aktiewe draers optree.”

Volgens dr. Peter Oberhem, Hoofuitvoerendebeampte, van Afrivet kan Slenkdalkoors ‘n verwoestende siekte op kleinvee wees.

“Tot 90% van lammers sterf binne dae van besmetting, en tussen 40% en 100% van die swanger ooie wat besmet is, sal aborteer.

“Slenkdalkoors kan ook in beeste, buffels en antilope voorkom.”

Oberhem sê Slenkdalkoors is ‘n zoönotiese siekte, wat beteken dat dit versprei kan word van diere na mense.

Mense kan nie deur muskiete besmet word nie, maar kan besmet word as hulle in kontak kom met die bloed van siek of dooie diere.

Oberem verduidelik daar is twee tipes Slenkdalkoors-entstof, naamlik leef en geaktiveer (of dooie).

“Laasgenoemde moet in diere gebruik word wat swanger kan wees of is.

“Om hulle die lewende entstof te gee, sal aborsies of die geboorte van vervormde lammers veroorsaak. Die geaktiveerde entstof moet twee keer gegee word, in teenstelling met die lewende entstof waarvoor slegs een toediening nodig is.

“Die grootste fout wat boere kan maak, is om in die winter selfvoldaan te wees. Nou is die tyd om vee in te ent.”

Kliniese tekens van Slenkdalkoors

• Skielike toename in abortering van fetusse.

• Tot 100% sterftes in vee onder vyf tot ses dae oud.

• Hoë koors, limfadenitis, nasale en okulêre ontladings in volwasse diere.

• Diarree (dikwels hemorragiese).

• Braking, abdominale koliek.

• Erge prostrasie, geelsug.

• Episootiese tydperk van agt tot 16 weke.

Boere in die Mokopane-omgewing kan Visser by 082 902 8918 kontak vir verdere inligting.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button