NewsSchools

Mnr. en Mej. Bibber neem Osies op lugrederyreis

Warm sjokolade en malvalekkers, mussies en handskoene met bypassende serpe spreek van winter en is ook dikwels deel van leerders se winterskleredrag.

POLOKWANE – Op Woensdag, 20 Junie, het die leerders van Laerskool Pietersburg-Oos pas hul eksamens voltooi en was dit weer tyd vir die jaarlikse Mnr. en Mej. Bibber-kompetisie.

Vanjaar se tema was Osie Airline en gaste is gedurende die kompetisie op ‘n ‘vlug’ geneem wat hulle nie maklik sal vergeet nie.

Die meisiesfinaliste. Voor is Surika-Marie van Coppenhagen, Mikhayla Odendaal, Carla Harmse en Chignet Davel. Agter is Ashley Lyons en Veronique van der Bank.

Twee finaliste uit elke gr. 5-klas is gekies om aan dié kompetisie deel te neem en vanjaar se finaliste was Fritz du Toit, Mikhayla Odendaal, Jan-Andrean Venter, Ashleigh Lyons, Christiaan Roos, Surika-Marie van Coppenhagen, Siyabonga Mahlangu, Chignet Davel, Amiel Robbertze, Carla Harmse, Veronique van der Bank en Gere Mommsen.

Deelnemers is beoordeel op grond van hul selfvertroue en ook persoonlikheid wat die beoordelaars se taak beslis nie maklik gemaak het nie.

Die seunsfinaliste. Voor is Gere Mommsen, Jan-Andrean Venter en Christiaan Roos. Agter is Amiel Robbertse, Siyabonga Mahlangu en Fritz du Toit.

Die deelnemers moes eers vrae oor mekaar beantwoord en daarna dan ook vrae wat deur die beoordelaars gevra is, beantwoord.

Uiteindelik moes die wenners aangekondig word en die saal het behoorlik gejuig van opgewondenheid toe Surika-Marie van Coppenhagen en Christiaan Roos as wenners aangekondig is.

“Ek het glad nie verwag om te wen nie, maar dit was beslis ‘n aangename verrassing,” vertel Surika-Marie.

Woensdagaand het die gr. 6- en 7-leerders ook die jaarlikse Bibbersokkie geniet.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button