Local NewsNews

[KYK] Lyndansers skoffel by tehuis

Saterdagoggend, 9 Junie was groot pret by Koraal 2 Aftreeoord, waar 31 plaaslike lyndansers mekaar van nader leer ken het.

POLOKWANE – Twee groepe van Eunice Knoetze, 2 Koraal-groepe onder leiding van Tinkie Wolfaardt en die Rope & Ride Lyndansers met Lizelle Pretorius as hul President, het nagenoeg 23 danspassies uitgevoer.

Dansers van so oud as 84 en 83 jaar, Susie Wentzel en Sophia de Swardt, tot so jonk soos die 10-jarige Lené Pretorius het in die dans en plesier gedeel.

Dít was net nog ‘n bewys dat ouderdom glad nie saak maak as dit by lyndans kom nie, nog ‘n pluspunt is dat jy nie op ‘n metgesel hoef te wag om dié danspassies uit te voer nie. Buiten dat lyndans goeie oefeninge is, bevorder dit ook ‘n mens se balans, konsentrasie, beter breinfunksionering, bloedsomloop en positiwiteit.

Sophia de Swardt en Susie Wentzel is twee van die lyndansleiers wat by die Koraal 2 die dansers begelei het.

Eunice bied tans twee aandklasse en ook by Ons Tuiste ‘n middagklas aan. Die lyndansgogga het haar al ‘n wyle terug gebyt en sy het in 2009 iemand se lyndansklas oorgeneem nadat hulle verhuis het en dit begin aanbied eerder as om net te geniet. Sy het in 2013 ‘n lyndansklas by Koraal 2 begin aanbied en het mettertyd die leisels aan Tinkie oorhandig. Daar word tans twee middagklasse en een oggendklas by Koraal 2 aangebied.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button