School sportSport

Krugies se wintersport goed op dreef

Laerskool Krugerpark is goed opdreef met hulle wintersport en die seisoen beloof om goeie spelers op te lewer.

MOKOPANE – Die seisoen het afgeskop met ‘n netbaltoer te “Camp Discovery” vanaf 16- 18 Maart vir die o/10 tot o/12 spanne. Retha du Toit, netbalorganiseerder sê die afrigting deur Tuks Netbal se afrigter, Jenny van Dyk was puik.

Die oopspanne het na Sportweni getoer waar hulle baie goed gevaar het tydens die vriendskaplike wedstryde. Een van die spelers, Idene Smit, is daar raakgesien en gaan later aan nog toernooie deelneem.

Paul de Beer kry kans om die spel vorentoe te vat.

Volgens Du Toit is ses van Laerskool Krugerpark se dogters deur na die Limpopo proewe wat gehou is op Polokwane.

Tydens die Waterbergliga in April speel die Krugies teen Laerskool Eugene Marais en Laerskool Marble Hall en wen al hulle wedstryde.

Sharleen Yeates kyk voor sy uitgooi.

Du Toit sê vir die o/11 en o/13 B-spanne is ‘n naweek op Swartwater gereël waar hulle op die oewer van die Limpopo rivier in ‘n tentkamp tuis gegaan het.

“Dit was ‘n goeie ondervinding vir die meisies en hulle het dit baie geniet. Beide spanne het hul wedstryde gewen, maar hier het dit gegaan oor spangees en vriendskapsbande smee.”

Quinton Schrauder oppad na die doellyn.

Vandeesmaand het die spelers teen Laerskool Julian Muller gespeel en benewens die o/12 B-span het al die ander spanne geseëvier.

“Die einde is in sig met net drie liga wedstryde oor en die finale uitspeelwedstryde word op 29 Mei by die Krugies gespeel.”

Du Toit sê Krugerpark steek ook ‘n helpende hand uit na naby Ubuntu skole soos Sokgedlwa Primary en Mokopane Primary.

Micke Theron keer vir ‘n vale.

“Sokgedlwa en Mokopane Primary kry elke keer tydens ligawedstryde by Krugerpark ook ‘n speelkans teen die besoekende skool waartydens hulle ‘n vriendskaplike oefenwedstryd speel.”

Du Toit sê hierdie geleenthede is goud werd vir Sokgedlwa en Mokopane Primary wat aan die Ubuntu liga reeks deelneem.

“As skole hande vat kan daar soveel meer bereik word en goeie gees tussen verskillende skole geskep word.”

Die rugby het nog nie met hulle ligawedstryde begin nie, maar die spanne is reeds goed op dreef en sien uit na die liga. Daar is ‘n paar spelers waaroor ons opgewonde raak soos Quinton Shruader, Janco Abrahamse (o/12) en Pieter van Antwerp en Ricardo du Plessis (o/13) wat hulle Limpopo rugbykleure verower het.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button