Local NewsNews

Anru (6) daag jou uit op sy vejaarsdag

Met 'n hart van goud en 'n voorliefde om ander te help, het die sesjarige Anru Botes besluit om vir sy verjaardag eerder geld vir renosters, as vir homself, in te samel.

POLOKWANE – Sy ma, Angelique, vertel sy en haar man, Christo ondersteun Anru ten volle.

Anru het Dinsdag sy sesde verjaarsdag met ‘n spesiale renosterpartytjie by die skool gevier. Hy is ‘n gr. R-leerder by Werk en Wen en hy speel ook bulletjierugby.

Anru kleur ‘n prentjie van ‘n renoster in.

“Ek wil melkbotteltieties vir babarenosters gee en ook geld vir die renosterpolisie. Ek hou baie van renosters, hulle is mooi en ek wil graag saam met hulle speel,” vertel Anru terwyl hy ‘n renosterprentjie by Review se kantoor inkleur.

Vir sy verjaardagpartytjie, wat op 3 Junie plaasvind, het hy gevra dat sy maats eerder geld as geskenke gee.

“Anru het dalk by die skool van renosters geleer maar ek weet hy het eenkeer op TV iets oor renosterbewaring gesien en my daaroor uitgevra en ek het hom meer daaroor vertel. Ek dink dit was toe dat hy besluit het hy wil ook die renosters help,” vertel Angelique.

Anru het besluit om nie net sy maatjies uit te daag om geld in te samel nie, maar ook die hele stad.

Sy skool het besluit om hom te ondersteun en die Limpopo Rhino Security Group (LRSG) het Anru na ‘n galabyeenkoms genooi.

“Daar is ‘n groot verrassing in die pyplyn en ek kan nie nou al die aap uit die mou laat nie, maar ek kan waarborg dat dit groot is,” verklap Angelique.

Anru se ma het vir hom ‘n Facebookblad oopgemaak waar mense meer oor Anru en sy droom kan uitvind. Die Facebookblad se naam is Anru’s Dream for RhinosAnru se Droom vir Renosters.

Enige iemand wat graag vir Anru wil help om sy droom te bewaarheid kan vir Angelique by 072 267 3993 kontak.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button