NewsSchools

PHS plant koorsbome vir oom Eli Ströh

Ströh se kinders en kleinkinders het op Vrydag, 13 Mei 'n laning koorsbome geplant in sy nagedagtenis.

POLOKWANE – Daar was ‘n glimlag tussen die trane deur toe die familie van Oom Eli Ströh, wat onlangs oorlede is, ‘n laaste eerbetoon by Hoërskool Pietersburg (PHS) aan hom gebring het.

Lees meer: Stad rou oor legende Eli Ströh

Ströh het nie net diep spore in die gemeenskap getrap nie, maar ook ‘n noue verbintenis met die skool gehad.

Twee van Eli Ströh se seuns, Jan en Aggie, plant een van die koorsbome by PHS.

Hy was onder meer betrokke by die aankoop van die grond oorkant die skool waar die krieket- en astroturfbaan gebou is. Hy en sy kinders het ook getrou op die skool se raad gedien en is steeds by die skool betrokke.

Aggie Ströh plant ‘n boom ter nagedagtenis aan sy pa, Eli. Dié laning bome is verlede week by PHS geplant.

Elke lid van die Ströh-familie het ‘n boom ter herinnering van hul pa en oupa geplant. PHS se Skoolhoof, Willie Schoeman, het vertel dat Ströh aan hom voorgestel het dat daar aan die agterkant van die skool koorsbome geplant moet word omdat dit voëls na die skool sou lok.

Eli Ströh jnr. het aan Review vertel dat dié bome by die skool geplant is net soos hulle in die natuur groei.

PHS se Skoolhoof, Willie Schoeman, help die Ströh-familie om bome te plant.

“My pa was baie lief vir bome, veral die koorsbome, juis omdat dié bome so baie voëls lok omdat die bome hulle en hul neste teen roofvoëls beskerm.

‘n Laning koorsbome word geplant by PHS. Dit was ‘n vroeëre voorstel van Eli Ströh.

“Ons is baie dankbaar vir die eer wat PHS aan ons pa betoon, dit beteken ongelooflik baie vir ons as familie,” het hy gesê.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button