NewsSchools

Meesters op atletiekbaan en veld bring medaljes huistoe

Ouderdom is net 'n nommer, en drie van die stad se welbekende name het dit die afgelope naweek tydens die Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein bewys.

POLOKWANE РDie drie, sal ons s̻ veteraanatlete, Willie Schoeman, Antonette Jordaan en Smit van Zyl het gewys dat jy nie noodwendig jonk hoef te wees om die stad se naam hoog te hou op die atletiekbaan en -veld nie.

Jordaan het met vier goue en een silwer medalje huistoe gekom.

Antonette Jordaan bring goud en silwer medaljes huis toe tydens die Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekbyeenkoms.

Sy vertel dat sy nie eens geweet het van die kompetisie nie en ook nie dat sy kon deelneem tot onlangs nie.

Sy verwerf goud in vyfkamp, spiesgooi, gewigstoot, diskus en 10-kamp en silwer in hammergooi.

Sy vertel dat dit die eerste keer in 20 jaar is dat sy weer aan atletiek deelneem en dit vreeslik geniet het.

“Daar is ‘n wêreld vir atlete lank nadat hulle die skoolbanke verlaat het, waar hulle steeds hul liefde vir sport kan uitleef.

“Raak net deel, bly aktief en leef gesond,” is haar raad.

Smit van Zyl het goud verower in die 10-kamp en paalspring en brons in die vyfkamp.

Dr. Smit van Zyl bring gouden brons terug na die Suid Afrikaanse Meesters Atletiek byeenkoms.

Willie Schoeman wen ‘n goue medalje in die verspring en neem ook deel aan die 100 m en 200 m.

Willie Schoeman wen goud met die Suid Afrikaanse Meesters Atletiek byeenkoms in verspring.

Hy vertel dat hy van jongs af reeds baie lief is vir verspring en dat hy op skool aan die 100 m en 200 m deel-geneem het.

“Ek is baie lief vir sport en raai almal aan om aktief te bly.

“Jy is nooit te oud om aan sport deel te neem nie. Hier is manne en vroue van tussen 80 en 85 jaar oud wat saam deelneem en hulle presteer baie goed. Die enigste probleem is dat iemand my net so bietjie moet help met al die seer spiere,” spot hy.

“Verder sien ek uit om volgende jaar weer aan die kompetisie deel te neem,” vertel hy.

Beide Van Zyl en Jordaan beplan om in September in Spanje te gaan deelneem aan die volgende kompetisie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button