Local NewsNews

‘Ek is vrou’ -glansdag ‘n reuse sukses

‘n Saal vol vroue het verlede Saterdag uitgespan en ‘n heerlike geleentheid ten bate van chemoterapie vir ‘n kankerlyer, Ansa van der Walt gehou.

POLOKWANE – Debbie Ellis van Debbie Ellis Make-up and Hair in Pretoria het die vroue, wat by Kurumba Lodge bymekaargekom het, raad gegee oor hoe om te grimeer.

Bekende kunstenaars soos Elvis Blue, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Jay en Amore Vittone het al onder haar grimeerkwas deurgeloop.

Lees ook: Wat vroue oor dié kanker moet weet

Sy doen ook werk vir televisie en korporatiewe sakeondernemings en spesialiseer in bruidsgrimering en -haarstilering, en doen ook modeblad en redaksionele werk vir @Bloss Magazine.

Wat die vroue nie geweet het oor gesigkontoere en definisie, onderlaag, ooggrimering, wenkbroue, ‘prep en prime’ en om grimering te laat ‘set’ nie, het hulle alles tydens haar praatjie en demonstrasie geleer.
Carmen Hosten is ‘n interieur argitektuurontwerper en fokus op binne-argitektuur, argitektoniese ontwikkeling en -opknapping, tegniese tekeninge asook meubel- en dekorontwerp.

Sy vervaardig meubels en kandelare vir kommersiële en huishoudelike doeleindes.

Sy glo mens moet jou eie stempel afdruk en gemaklik en tuis en rustig voel in jou omgewing wat jy geskep het en dat ‘n deumekaar omgewing nie bevorderlik is vir produktiwiteit nie.

Na die twee vroue se praatjies het Gail Brebner, ‘n vrou wat nie toegelaat het dat borskanker haar onderkry nie, haar inspirerende verhaal met die vroue gedeel.

Sy het haar verhaal van die wit veertjies vertel wat haar laat besef het dat daar “Iemand hoër is” as syself is wat haar beskerm en “in Sy hande vashou”.

Dié geloof het haar ook twee weke gelede oor ‘n ses-en-‘n-halwe meter bed van gloeiend kole laat stap, en haar Saterdag voor die vroue laat optree – iets wat sy nog nooit tevore gedoen het nie.
Snuisterye is te koop aangebied en Ansa van der Walt en haar twee susters was baie dankbaar vir die ondersteuning wat hulle geniet het.

Thys die Bosveldklong het die vroue vermaak met van sy meer besadig de liedjies. Thys self het ‘n broer twee jaar gelede aan lewerkanker afgestaan.

Hy het hierna die CD, Op ‘n Ernstiger Noot vrygestel.

Ansa is 61 jaar oud, en is in November met borskanker gediagnoseer. Sy het reeds twee sessies chemoterapie deurgemaak maar behoort nie aan ‘n mediese fonds nie, en die operasie waarin haar linkerbors geamputeer is en die daaropvolgende chemoterapiesessies in Maart en vroeg April is duur.

Haar twee dogters, Zulani Woncke en Liezl Kruger het die dag gereël om geld vir dié doel in te samel.
Ansa, wat haar eie ma op 61-jarige leeftyd aan borskanker verloor het, doen ook naaldwerk vanaf haar huis om geld te maak en haar boodskap is: “Leef voluit, jy weet nooit wanneer dit jou laaste dag is nie.

Die lewe is kosbaar en kan binne ‘n oogwink verander.”

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button