Local NewsNews

Kobie: ‘n vrou met ‘n groot passie vir kuns.

As dit by kuns kom is daar min waarvoor Kobie Botha se vernuf terugstaan.

POLOKWANE- “Ek het van kleins af ‘n groot passie vir kuns gehad en het selfs moedersdag kaartjies gemaak waar ek prentjies op geteken het en by die skool verkoop het vir ekstra sakgeld.”

Sy vertel dat sy vir jare as administratiewe klerk by ‘n Dokter spreekkamer gewerk het, maar meen dat sy einde Desember afgele is.

Lees ook: Kuns kry nuwe lewe op Ina se verfdoek

“Die entrpeneur in my het geklop en so het ek met die idee vorendag gekom om my passie vir kuns in te span en as ‘n werksopsie te oorweeg. Om goed te skep was werklik nog altyd ‘n passie vir my en iets wat ek nog altyd wou najaag. My grootste droom is reeds om eendag my eie kuns winkel oop te maak en alle kunsverwante produkte sowel as my eie skeppings te verkoop.”

Sy vertel dat sy na skool vreeslik graag grafiese kuns wou studeer maar omdat daar nie fondse was nie kon sy ongelukkig nie.

“Ek het ingeskryf net om te sien of hul my wel sal aanvaar, en dit was vir my vreeslik hardseer toe ek die brief kry wat se dat my aansoek goed gekeer is reeds omdat ek geweet het my ourrs sal dit nie kan bekostig nie.”

Sy meen dat sy verskeie soorte huis en tuin dekor wat windklokke en droomvangers insluit.

“Ek hou daarvan om met verskillende teksture en materiall te werk want dit gee soveel meer diepte aan elke skepping, en hou dit ook interesant. Ek sal byvoorbeeld sommer op ‘n vullis hoop gaan rondsoek vir verskillende materiaal en dit om nuut ontskep in ‘n pragtige kunswerk. Soos die spreekwoord ly “one man’s trash is another man’s cash” glimlag sy breed.

My nuutste toevoeging is die “personality plants” wat ek groei wat vreeslik oulik is. Ek verf verskillende koppies met verskillende gesiguitdrukkings en kies dan ‘n tipe plantjie as die hare wat by die persoonlikheid van die koppie pas.

Kinders is absoluut dol daaroor. Die beste deel van my werk is om glimlaggies op mense se gesigte te sien as gevolg van een van my kunswerke, dit is reeds die dryfkrag waarmee ek elke projek aanpak, en werk met die doel om iemand gelukkig te maak met my kuns.”

Sy meen dat daar altyd mense sal wees wat krities oor haar werk is en negatiewe kommentaar lewer, maar dat sy al geleer het om ale negetiewe kommentaar in positiewe terugvoer te verander.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button