Local NewsNews

Hoop vir Kinders deel wat hul kan

Hoop vir Kinders is ‘n organisasie sonder winsbejag wat pleegsorg vir kinders aanbied.

POLOKWANE – Daar is vier pleeghuise wat na getraumatiseerde kinders omsien en vir hulle ‘n veilige tuiste skep waarin hulle kan herstel en ‘n normale gesinslewe kan ervaar. Die organisasie is afhanklik van donasies vanaf die gemeenskap om die projek moontlik te maak.

Photos: Verskaf

Hoop vir Kinders leer die kinders dat soos hulle kan ontvang, moet hulle ook kan gee. Dus word daar uitreikaksies gereël waar hulle ongeveer 50 ander kinders tussen die ouderdomme van twee jaar en 18 jaar bedien. Hulle besoek ook ander minderbevoorregde families in die omliggende gebiede.

Gedurende die afgelope skolevakansie het die kinders van Hoop vir Kinders na Tshega Christian Mission uitgereik waar hulle hul kreatiwiteit uitgeleef het deur die nuwe kleuterskool se sement-speelarea in ‘n kleurvolle speelplek te omskep.

Photos: Verskaf

Gerat met verf en kwaste, hul oudste klere aan en baie energie, het die groep ingespring en verskillende speletjies op die sement geverf.

Tshega Christian Mission is ‘n organisasie sonder winsbejag met ‘n humanitêre program wat daarop gemik is om kinders te dien tot hulle jong volwassenes is.

“Ons leer graag ons kinders dat hulle nie net kan ontvang nie, maar ook moet kan terug gee,” vertel Cindy Kruger van Hoop vir Kinders.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button