Local NewsNewsUpdate

Ligte bly eers aan nadat sakekamers hul na hof wend om Eskom te stop

Daar is beslis dat die krag vir eers in Mookgophong gaan aan bly.

LIMPOPO – Dit volg nadat die Waterberg en Naboom Sakekamers besluit het om hulle tot die hof te wend na ‘n kennisgewing van Eskom waarin hy sê die dorp is te ver in die rooi en hy van plan was on die krag van 31 Maart vanaf 06:00 tot 20:00 te sny.

https://www.citizen.co.za/review-online/257692/inwoners-in-rep-en-roer-oor-beurtkrag/

Marlene van Staden, DA Burgermeester van Modimolle-Mookgophong Munisipaliteit, het Dinsdag Bosveld laat weet die kragverskaffer het geskik in die hofgeding.

“Die skikking is ‘n bevel gemaak. Die munisipaliteit moet egter steeds die agterstallige skuld betaal soos ooreengekom, indien hulle nie betaal voor of op 31 Maart nie, kan Eskom van voor af met die PAJA-proses begin wat weer 12 weke kan neem.”

Van Staden sê sy is verlig.

“Dit is fantastiese nuus. Ek dink dit is ‘n groot verligting vir baie besighede en vakansie-oorde in die omgewing.”

Van Staden het haar dankbaarheid teenoor die twee sakekamers uitgespreek wat alles in die stryd gewerp het om terug te baklei vir die gemeenskap.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button