Local NewsNewsUpdate

Pieterse tweeling terug tuis

Jandré en Janco is op Saterdag, 10 Maart in die vroëe oggendure met 'n noodkeisersnee gebore. Natasha was slegs 35 weke swanger en die tweeling het gespesialiseerde mediese hulp nodig gehad.

POLOKWANE – Met groot oë lê en kyk Jandré Pieterse na sy ma, vir elke frons wat oor sy voorkop speel, is daar ‘n glimlag wat daarop volg.

Sy boetie, Janco, is effe knieserig en geniet mamma Natasha se onverdeelde aandag.

“Dit is die eerste keer wat hulle altwee gelyk wakker is,” lag sy.

“Hulle het Vrydagoggend huistoe gekom. Ons was oorweldig deur die nuus,” deel Natasha.

Jandré en Janco is op Saterdag, 10 Maart in die vroëe oggendure met ‘n noodkeisersnee gebore.

Natasha was slegs 35 weke swanger en die tweeling het gespesialiseerde mediese hulp nodig gehad. Alhoewel die diens in die provinsiale hospitaal goed was, wou die ouerpaar die tweeling na ‘n privaat-instansie oorplaas om seker te maak dat hulle beter sorg ontvang.

“My familie en lesers het ingespring en geld ingesamel sodat die twee na die privaat hospitaal kon gaan.”

https://www.citizen.co.za/review-online/256363/tweeling-kort-dringend-hulp/

Toe hulle ontslaan is, het Jandré 2 kg geweeg en Janco 2,1 kg. “Hulle is regtig baie soet en eet mooi.”

Natasha vertel dat hulle vreeslik gehuil het met hul eerste bad, maar dat hulle tans net huil wanneer hulle honger is. “Die eerste aand hier was rof. Ons het nie geweet wat om te doen nie.”

Op hulle kamerdeur staan hulle name duidelik en groot in blou letters geskryf.

“Dit is snaaks hoe ‘n mens se siening en uitkyk van die lewe verander die oomblik as jy kinders het. Dit is eintlik so wonderlik, wys jou nou net, Jesus weet wat Hy doen en het ‘n baie goeie doel met alles wat Hy doen. Alles is net deur God se genade. Ons bid aanhoudend,” sê Natasha.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button