NewsSchools

Vanjaar se Mnr. en Mej. PHS-finaliste

Vanjaar word die immergewilde Mnr. en Mej. PHS-kompetisie vir die 25ste keer aangebied en dit het al redelik uitgebrei sedert dit vir die eerste keer aangebied was.

POLOKWANE – Die aanvanklike doel van dié kompetisie by Hoërskool Pietersburg was om geld in te samel waarmee die matriekgroep vir die skool ‘n afskeidgeskenk sou kry. Alhoewel dit steeds deel van die doel uitmaak, is hierdie kompetisie ook nou deel van PHS se bemarking vir hulle opedag by verskeie laerskole.

Die finaliste tree by sekere sportgeleenthede op as deel van die openingseremonie en reël ‘n liefdadigheidsprojek, soos byvoorbeeld die jaarlikse kombersinsameling. Mnr. en Mej. PHS dien ook as ‘n manier vir leerders om hulle selfvertoue te ontwikkel.

Daar word jaarliks ‘n tema gekies en vanjaar se tema is The Phantom of the Opera en slegs gr. 10 tot 12-leerders wat die vorige jaar geen penalisasiepunte ontvang het nie mag aan dié kompetisie deelneem.

Aanvanklik word 15 seuns en 15 meisies vir onderhoude genooi waaruit die finaliste, ses seuns en ses meisies, gekies word om op die groot aand deel te neem.

Vanjaar se finaliste is:

Seuns:

• Pieter Hoogenboezem.

• Dian Geerkens.

• Hardus Saaiman.

• Derik Joubert.

• Jahnco Steyn.

• Roy Stewart.

Jahnco Steyn, Dian Geerkens en Hardus Saaiman voor en Derik Joubert, Pieter Hoogenboezem en Roy Stewart agter.

Meisies:

• Michelle van Staden.

• Marcelle de Jager.

• Carmen Pratt.

• Yvette Louw.

• Zydra Hattingh.

• Alida du Preez.

Vanjaar se beoordelaars is Anarette Grey, Elisma Le Roux, Reghard Stroebel, Lené Ferreira en Peer Kachelhoffer.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button