Local sportSport

Buks hou sy bus se pas

'n Pasaangeër is 'n klein apparaat wat dokters inplant om jou hartklop se ritme te reguleer en 'n bus is 'n vervoermiddel, maar daar is ook 'n ander soort pasaangeër en bus waarmee Bosveld onlangs kennis gemaak het.

MOKOPANE – Bosveld het tydens die Potties Atletiekklub se Oasis Hotel 5-in-1 Marathon wat onlangs op die dorp gehou is, met een van die land se bekendste marathon pasaangeërs gesels.

Buks van Heerden is al vir 20 jaar ‘n pasaangeër. Hy het sowat drie jaar gelede die Gauteng Pasaangeërklub op die been gebring en saam met Lucas Seleka en George Mojela van die Polokwane Atletiekklub help hulle om drome te verwesenlik.

Pasaangeërs is vrywilligers wat hulle tyd op offer om ander atlete te help om hulle drome tydens marathons te verwesenlik, sê Van Heerden. Hy gee ook vir mense leiding wat die Comrades of ander groot marathons wil voltooi en selfs vir diegene wat gewig wil verloor.

Volgens Van Heerden is hy by die Comrades bekend as die afsnybus en moet hy die horlosie al drawwend fyn dop hou.

“My grootste bus (groep atlete) wat ek al hanteer het was in 2016 by die Two Oceans met sowat 1 500 atlete.

“Ek gebruik maar my fluitjie en handgebare om met hulle te kommunikeer.”

Van Heerden sê hy hardloop sowat 1 620 km per jaar en het nie veel tyd om nog te oefen deur die week nie.

Om die pas aan te gee vir ‘n bus is my passie.

“Tydens die 2016 Comrades het ek aan my vrou, Carolien, verloof geraak met ‘n 1 km bus agter ons.

“In 2017 het ons as ‘n getroude paartjie saam gehardloop en vanjaar gaan ek die bus verpas, want Carolien verwag ons eersteling.”

Kinders lê hom en Carolien na aan die hart en daarom het die egpaar besluit om betrokke te raak by die CHOC Childhood Cancer Foundation South Africa. “Alle geld wat ons insamel vir die Gauteng Pasaangeërs Klub gaan aan CHOC.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button