NewsSchools

PHS-leerders praat oor rooi rose, sjokolade en liefdes verklaringe

Valentynsdag is gebaseer op die een ding waarna almal smag, of hul dit nou wil verklap of nie, liefde en iemand wat omgee

POLOKWANE – Valentynsdag word bykans reg oor die wêreld gevier, en simboliek met die dag is ‘n bos rooi rose, sjokolade en ‘n liefdes verklaring kompleet gegriffel op ‘n kaartjie vol rooi hartjies. Dit is die een dag van die jaar waar oneindige liefde openlik verklaar word en meeste restaurant gevul is met paartjies wat diep in mekaar se oe staar en handjies vashou soos twee verliefde koer-duifies. Wat die dag baie spesiaal maak is dat dit gebaseer is op die een ding waarna almal smag, of hul dit nou wil verklap of nie, liefde en iemand wat omgee.

Maar wat dink tieners nou eintlik oor Valentynsdag? Is dit in of uit, is daar nog belangstelling in die gebaar van geskenkies aandra of is dit ‘n lang verlore dag? Review het ondersoek ingestel en PHS leerders in die kollig geplaas om te verklap wat hul nou eintlik van die dag dink.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Back to top button