Local sportSport

Statebondspele nou in Hanru se visier

Daar lê 'n rowwe tyd van voorbereiding en reg eet vir Hanru Botha voor, nadat hy as een van die wat aan die Statebondspele in April gaan deelneem, aangekondig is.

MOKOPANE – Hanru wat ook die afrigter van die Mokopane Brave Stoeiklub se droom om Suid-Afrika in die Statebondspele in Australië te verteenwoordig, het waar geword.

Botha vertel aan Bosveld dat sy pa, Rudi Botha, wat ook sy afrigter en mentor is, saam met hom was toe hy die nuus ontvang het. “Omdat my pa by my was het ek dadelik my ma, Ashley, laat weet want sy is my grootste ondersteuner.”

Hanru Botha by Saskok saam met die Minister van Sport en Rekreasie, Thembelani Nxesi.

Volgens Botha kom sy grootste teenstander Parveen Rana van Indië af. “Rana het my in Desember gewen en ek sal graag die bordjies wil verhang. My oefenprogram begin al 05:00 en ek kom gewoonlik eers na 20:00 by die huis.”

Botha wil as nuwe eienaar en afrigter van die Brave Stoeiklub in Mokopane stoei bevorder en so ‘n positiewe bydrae in die gemeenskap lewer. “Ek is baie lief vir kinders en dit is vir my wonderlik om te sien hoe stoei die kinders ontwikkel en laat groei.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button