Local NewsNews

Minette sing een van die dae by Afrisaam

Eeen van Mokopane se talentvolle sangeresse, Minette Claassen (26), gaan by die Afrisaam Fees optree saam ander nuwelinge en ook bekende kunstenaars.

MOKOPANE – Om gekies te word vir die fees, was nie maklik want ‘n keuringsproses moes gevolg word. Die Afrisaam Fees word vanaf 8 tot 9 Junie in Springs gehou en musikante soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en ook opkomende musikante wys dan hier hulle talente.

Elaine Grobler, Minette se bestuurder, het haar ingeskryf en sy is saam met nog twee gevestigde kunstenaars van Global Artists goedgekeur.

Minette sê sy sien baie uit al kan die senuwees pla, bly dit ‘n gulde geleentheid en is dit lekker om haar talent te wys. Minette is in Ellisras gebore en het op ‘n plaas grootgeword.

Sy is getroud, het twee kinders en woon deesdae op ‘n plaas buite Mokopane. Die afgelope 11 jaar is musiek haar passie wat sy onlangs op die verhoog met gehore begin deel het.

Minette se talent is raakgesien deur Hosa Radio en daarna is sy deur Grobler ontdek. Sy het ook ‘n liefde vir lirieke skryf en van haar lirieke kom uit haar eie ervarings soos haar liedjies, Hoeveel Keer en Bedoel. Sy speel graag dromme, kitaar en klavier en het al ‘n hele paar enkelsnitte op haar kerfstok. Sy beoog om binnekort aan haar eerste album te werk wat ‘n verskeidenheid van haar liedjies sal hê.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button