Local NewsNews

Ford Figo Ambient : ‘n staatmaker wat jou beursie pas

Soek 'n mens na 'n staatmaker buksie wat sorg vir uitstekende brandstofverbruik, dan is die nuwe Ford Figo Ambient 'n aanwins vir die jong gesin, student of eerste motorkoper.

MOKOPANE -Daar is oorgenoeg krag onder die 1.5 liter enjinkap en beweegruimte in die kajuit om nie net die stadsverkeer aan te durf nie, maar ook die langpad.

Bosveld het kans gekry om agter die stuur in te skuif van hierdie stylvolle luikrug Ford Figo.

Die motor het met die intrapslag sy reputasie gestand gedoen as die ideale moderne ryding onder studente of eerste voertuigkopers.

Met genoeg krag het ons met gemak deur die verkeer in die hoofstraat gevleg en oor spoedhobbels en rowwe terrein gery. Die enjin het stil-stil sy werk gedoen, en die geluidlose kajuit sonder windgeraas is ‘n aanwins.

Die stilering is eie aan Ford. Die binneruim sluit in ‘n ‘n vierrigtingverstelling op die bestuurdersitplek as standaard, en daar is meer as genoeg beenspasie voor- en agter. Die bestuursitplek was gemaklik met die nodige steun.

Die paneelbord voor was eenvoudig met nie te veel knoppies nie en toeganklik vir die bestuurder. In die hitte is die verstelbare lugversorging ‘n heerlike voordeel.

Die paneelbord was eenvoudig met nie te veel oorbodige knoppies nie.

Die info-tainment stelsel sluit in ‘n USB poort , CD/MP3-speler, DAB-radio en bluetooth.

Loer jy agterlangs bied die kattebak oorgenoeg ruimte vir al jou inkopies en kan die agterste sitplekke ook heeltemal platslaan.

Die Figo bied ‘n wye keuse in die reeks met die Ambient as die intree motor wat ook in ‘n 1.5 TDCi kom en die sedan wat die Trend en die meer luukse ses spoed sedan Titanium Powershift Auto insluit.

Die Ford Figo, Ambient het maklik hanteer en is glad nie te gulsig met brandstof verbruik nie. Hierdie aerodinamiese motor staan nie terug vir enige ander ryding in sy prysklas en bied goeie waarde vir geld.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button