Local NewsNews

Is jou woelwater stout of dalk hiperaktief, disleksies?

Review het met ‘n arbeidsterapeut in die stad gesels om meer uit te vind van AH aandagsgebrek-hiperaktwiteitstoornis en ook oor disleksie.

POLOKWANE –  Damian is ‘n woelwater blondekop seuntjie wat nie vir ‘n oomblik kan stilsit nie. Hy doen alles vining en sonder om te dink en sy ouers wonder soms waarom hy so impulsief is.

Sy ma, Anrie, vertel: “Hy hardloop oral waar hy wil wees en klim op alles. Hy praat ok aanhoudend terwyl ander mense praat”.

Raadop soek Damian se ouers hulp en vind spoedig uit dat Damian aandagsgebrek-hiperaktiwiteitstoornis (AGHS) het.

Review het met ‘n arbeidsterapeut in die stad gesels om meer uit te vind van AH aandagsgebrek-hiperaktwiteitstoornis en ook oor disleksie.

“Gewoonlik word meer seuns met ADHD en dislexia gediagnoseer as meisies,” vertel die arbeidsterapeut, wat verkies om anoniem te bly.

Sy vertel dat AGHS uit drie verskillende tipes bestaan namlik die hiperaktief of impulsiewe tipe, die aandagtekort tipe en dan ‘n kombinasie van dié twee.

“By die hiperaktiewe of impulsiewe tipe vroetel die kind geduring en het hy ‘n kort aandagspan. Hy is baie afleibaar, impulsief en het swak selfbeheer. Hy is heeltyd ‘on the go’. Met aandagtekort is hy afleibaar en is dit vir hom moeilik om sy aandag te fokus. Hy voltooi moeilik take, word dikwels as dagdromers beskryf en het nie altyd gedragsprobleme soos die hiperaktiewe kinders nie. Die gekombineerde tipe is die algemeenste, met beide bogenoemde simptome.”

Sy vertel dat dit ook belangrik is om hulp in te win om seker te maak dat dit wel die diagnose is, aangesien daar baie ander faktore of situasies is wat kan maak dat ‘n kind soos bogenoem optree, maar nie AGHS het nie. Dus moet ‘n professionele persoon die diagnose maak.

Wie mag diagnoseer:

  • Psigiater.
  • Sielkundige.

“Arbeidsterapeute het ook goeie kennis ten opsigte daarvan, maar mag nie diagnoseer nie. ‘n Terapeut doen ‘n ontwikkelingsevaluasie en kyk na alle aspekte wat nie voldoende toets nie sodat die kind daarvolgens gehelp word. Hul kyk ook na ander aspekte wat moontlik aandag kan beïnvloed. Die arbeidsterapeut is ‘n goeie beginpunt en sal dan dikwels die kind verder verwys indien nodig. Terapie is baie belangrik en gebruik konserwatiewe tegnieke om aan die aandag en gedrag te werk. Indien die kind dan later ook mediese behandeling nodig het, sal hy verwys word. Daar is baie ontwikkelingsaspekte wat nie ideaal ontwikkel nie as gevolg van onvoldoende aandag, en slegs medikasie gaan dit nie verbeter nie.”

Sy vertel dat disleksie ‘n moeilike onderwerp is. “Ek sou sê dit is wanneer ‘n kind dit baie moeilik vind om te leer lees en skryf, en reeds verskeie terapiebehandelings gedoen het, medikasie gebruik en ook ekstra klasse ontvang. In ander woorde, hulle het reeds als probeer maar lees en skryf bly steeds vir hulle baie moeilik. ‘n Opvoedkundige sielkundige kan hulle diagnoseer om vas te stel of hulle disleksie het. Saam met die diagnose is dit ook van uiterse belang dat die kind die terapie wat hy nodig het bywoon. Dit sal heel moontlik dikwels arbeidsterapie en spraakterapie wees. Daar kan met terapie later aanbeveel word watter aanpassings ten opsigte van toetse by die skool gedoen kan word.”

Die slotsom is, volgens die arbeidsterapeut, dat dit die beste is om ‘n kind na ‘n terapeut te neem om volledig na alles te kyk, want die ouers en kind het leiding nodig. Die kind sal dan verwys word vir dit wat nodig is.

“Hiperaktiwiteit kan ‘n mens sommer vroeg al sien en al evalueer ‘n mens nie so intensief, byvoorbeeld op tweejarige vlak, nie, kan die ouers al goeie leiding ontvang oor hoe om hul kind te hanteer. Disleksie word eers later gediagnoseer wanneer die kind al ‘n paar hulpmiddels en terapie probeer het vir lees en skryf, en vordering nie voldoende is nie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Back to top button