Local NewsNews

Ken jy die man?

Die liggaam van Robert Howard Fourie (54) is steeds onopgeëis in die Phuti Mortuary en daar word gevra indien iemand hom of sy naasbestaandes ken dat hulle met die Voortrekker Hospitaal in verbinding tree.

MOKOPANE – Thumelo Mautjana, maatskaplike werker by die Voortrekker Hospitaal, vermoed Fourie was haweloos toe hy op 21 Desember by die hospitaal vir behandeling opgedaag het. “Hy is dieselfde dag dood en sy liggaam was nog nie opgeëis nie en is steeds in die hospitaal se lykshuis,” verduidelik sy.

Volgens Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Noodforum, het Fourie talle kere by hul deur kom aanklop waarna daar ‘n informasieleêr van hom opgestel is.

Enige iemand met inligting, of wat meer inligting verlang, word gevra om vir Mautjane by 083 513 4091 te kontak.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button