NewsSchools

[VIDEOS] Oorvloed talent onder PHS-dirigente

Met die afskop van die atletiekseisoen hed die dirigente van Hoƫrskool Pietersburg (PHS) behoorlik uitgehaal en gewys met kreatiewe danspassies om die indersteuners mee op te swiep.

POLOKWANE – Die onderskeie graadgroepe het elk hul eie dirigente wat hulle kreatiewe denke vrye teuels gegee het toe dit by die danspassies en uitrustings kom.

Een van die onderwysers, Linkie Roodt, het aan Review vertel dat die leerders nie baie tyd gehad het om voor te berei nie maar dat hulle verseker nie vanjaar met die eindproduk teleurgestel het nie. Elke graaggroep het ā€˜n ander tema gehad en moes daarvolgens uitrustings ontwerp en ‘n spesiale kreet uitwerk.

Hier is ‘n voorsmakie van PHS se kreatiewe dirigente:

Een van die ouers van die skool, Karin Muller, vertel sy het die dirigente se voorbereiding baie geniet. “Dit is lekker om die resultate te sien van die leerders wat hulle beplanning noukeurig by die huis uitwerk en so ook die ouers se beplanning in terme van die kleredrag en ander items wat vir die danse benodig word.”

Tydens die komende interhoĆ«r gaan die onderskeie skole en hul dirigente moet uithaal en wys om die geesbeker te wen want as die afskop van die atletiekseisoen ‘n voorsmakie was, gaan daar definitief strawwe kompetisie wees.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button