NewsSchools

Tom Naudé verwelkom nuwe leerkrag

Reeds vandat Ashley Fourie ‘n jong meisie was, het sy daarvan gedroom om ‘n onderwyser te wees en het selfs met haar poppe skool-skool gespeel.

POLOKWANE – “Ek was tot my gr. 12-jaar in die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en was ook onderhoofmeisie,” vertel sy. “Na skool het ek by Unisa ingeskryf om my onderwysgraad te bekom en het intussen ook by ‘n ander skool klasse aangebied voordat ek nou hier by Tom Naudé kom aansluit het.”

Sy vertel dat haar hart nog altyd terug na Tom Naudé gehunker het. “Ek het vir Piet Holtzhausen, die skoolhoof, kom kuier en vir hom gesê ek loop nie voordat ek ‘n pos het nie,” skerts sy. “Ek het my CV ook ses keer vir die skool gestuur in die hoop om aangestel te word.”

Ashley is as lewensoriënteringonderwyser aangestel maar haar hoofvakke is Engels en wiskunde.

“Ek gaan eers LO gee waar ek die leerders met loopbaankeuses en voorbereiding vir die volwasse wêreld gaan help.  Ek wil hê dat ons ernstig oor LO moet raak aangesien dit ‘n belangrike vak is wat die leerders verskeie vaardighede leer.”

Bo en behalwe in die klaskamer gaan sy ook op die netbalbaan te sien wees en by atletiek betrokke wees. Haar vrye tyd spandeer sy graag saam met haar man, Andrew, op hul plaas tussen die skape.

 

Ashley is een van drie nuwe onderwysers by Tom Naudé. Kyk in Review wie die ander twee is.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Back to top button