Local sportSport

Hanru se oog op vanjaar se Statebondspele

"Hanru het baie goed gestoei tydens die Statebond Stoeikampioenskappe in Desember en ons hou duimvas dat hy vir vanjaar se Statebondspele gekies word" - Rudi Botha

MOKOPANE – Die afrigter van die nuwe stoeiklub Brave Wrestling Mokopane, Hanru Botha, het in Desember sy gewig tydens die Statebond Stoeikampioenskappe in Carnival City, Johannesburg laat tel.

Rudi Botha, Hanru se pa wat die afrigter was vir die Senior Proteas, sĆŖ: “Hanru wil vanjaar al sy fokus op stoei werp en dit is hoekom hy aan diĆ© kampioenskappe deelgeneem het. Hy het algeheel vierde geĆ«indig”. Hanru het ook in ‘n dubbelspan teen Sushil Kumar ‘n wĆŖreldkampioen en Olimpiese medaljehouer, en Parveen Rana, junior wĆŖreldkampioen en Grand Prix wenner, gestoei.

Hanru Botha kry die oorhand teen sy teenstander, Parveen Rana. Foto’s: Verskaf

“Hanru het baie goed gestoei en ons hou duimvas dat hy vir vanjaar se Statebondspele gekies word”.

Volgens Rudi is Hanru se aandag intussen by die nuwe klub in Mokopane en kan belangstellendes Hanru of Rudi by 083 605 4487 of 083 229 7956 kontak indien hulle wil aansluit.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button