Local NewsNews

Dood laat talle onbeantwoorde vrae

Die ouers van Jaco Smit (23) wat op Saterdag, 25 November in die Mankweng-omgewing verongeluk het, weet steeds nie wat daardie aand gebeur het nie.

POLOKWANE – Dawie en Cecilia Smit het aan Review van hulle laaste aand saam met hul seun, vertel.

“Jaco was saam met ons op die plaas op Houtbosdorp woonagtig aangesien hy nie ver daarvan af gewerk het nie.

So om 21:00 het hy en my man nog ‘n koffie saam gedrink voor ons gaan slaap het,” vertel Cecilia.

https://www.citizen.co.za/review-online/241162/naweek-se-soektog-na-vermiste-man-eindig-in-tragiese-tyding/

Sy sê hulle het die volgende oggend omtrent 05:00 opgestaan en gesien dat hul seun se bakkie weg was.

“Ons het hom op sy selfoon probeer kontak maar het geen antwoord gekry nie. Ons het bure, vriende en familie gekontak opsoek na hom en het die Maandagoggend hom by die Mankweng polisie as vermis aangemeld,” sê sy.

Hier was hulle in kennis gestel dat hul seun Saterdagaand op die Mankweng-pad in die rigting van Polokwane in ‘n motorongeluk oorlede is. Dié nuus het skokgolwe deur die familie gestuur.

“Ons verstaan nie hoekom hy besluit het om daardie aand te ry nie, ons het nog baie onbeantwoorde vrae oor wat gebeur het,” sê sy.

Die Smit-egpaar bedank almal wat met die soektog gehelp het en hulle gedurende die moeilike tyd bygestaan het.

Smit laat sy ouers, sy broer Martin, sy vrou Erica en sy stiefseun, Jordan, na.

roelof@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button