Local NewsNews

Nuwe maaier ‘wonderterapie’ by wondkliniek

As dit by wondversorging kom maak die wondkliniek gebruik van meer as net konvensionele metodes.

POLOKWANE – Suster Barbara Beukes en Vidette Venter van die Pietersburg Wondkliniek verduidelik dat die nuutste metode waarvan hulle gebruik maak maaierterapie is.

Spesifieke vlieë se eiers word in laboratoruims gekweek en dié larwe moet binne 48 uur nadat dit uitgebroei het op die wond geplaas word en weer binne drie tot vyf dae afgehaal word.

Lees meer: Passie lei tot stad se eerste wondkliniek

Afhangende van die grootte en toestand van die wond, moet dié proses dan herhaal word.

Die maaiers se speeksel bevat ensieme en chemikalieë wat die ongesonde weefsel losmaak en sodra dit af is kan die wond gesond word.

Dié proses word gewoonlik onder narkose gedoen wat baie duur is en soms skade aan die wond kan aanrig.

Maaiers wat gebruik word om wonde te behandel word in laboratoriums uitgebroei.

Die wondkliniek is tans die enigste plek in Limpopo wat dié soort terapie aanbied en die susters, Barbara Beukes en Vidette Venter, vertel dat ‘n pasiënt al vertel het dat sy kon voel hoe hulle op die wond kriewel maar dat dit glad nie seer was nie.

Heuningbevattende salf is ook baie gewild omdat dit goeie resultate lewer en dit ‘n veilige, natuurlike produk is wat vir byna alle wonde gebruik kan word.

Daar is ook Osoon-terapie by die kliniek beskikbaar wat as ondersteunende terapie vir wondsorg gebruik word.

Vacuum Assisted Closure Therapy het volgens die susters ook al baie pasiënte gehelp. Dié terapie word gebruik om die heelingstydperk te verkort en die wond word vinniger opgevul.

Die terapie is ook fantasties vir hoogs-dreinerende wonde omdat dit die wond gedurig spoel.

Albei susters erken dat om ‘n pasiënt met ‘n glimlag te sien nadat ‘n hardnekkige wond uiteindelik gesond geword het is vir hulle die grootste betaling en juis wat hulle so passievol maak om meer mense te help.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button