Local NewsNews

Pyn ‘n demper vir lewenslustige seun

Dirkie Pretorius is 'n lewenslustige 10 jarige seun wat daarvan hou om sport te beoefen, maar ongelukkig weerhou pyn hom daarvan om voluit te lewe.

POLOKWANE – Dirkie se ma, Bella, vertel dat hy ‘n paar weke gelede van pyn by sy geslagsdele begin kla het.

“Dit was hier by Vrydag of Saterdag rond en die Sondag was sy geslagsdele opgeswel. Ek het eers gedink dit is ‘n allergie omdat hy reeds op ‘n vroeĆ« ouderdom met ‘n outo-immuunsiekte genaamd Urtikarie gediagnoseer was.”

Bella vertel dat Dirkie die Maandag skool toe is maar dat die skool haar gebel het en gevra het om hom te kom haal.

“Ek het hom na ons huisdokter gevat en hy het vermoed Dirkie het ‘n indirekte liesbreuk en het hom na ‘n spesialis verwys.

“Ons het ‘n verwysings-brief gekry en het die volgende dag na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal gegaan om ‘n spesialis te spreek. Ons het die hele dag gewag en teen laatmiddag het ‘n suster my kom vra hoekom ons so lank wag en gesĆŖ Dirkie moes binne ses ure deur ‘n spesialis gesien word, maar die spesialis by die provinsiale hospitaal kan hom eers op 12 Desember help. En, as ons gelukkig is, sal hulle hom eers volgende jaar in Augustus kan opereer.

“Intussen moet my kind met die pyn loop, hy huil konstant en slaap baie sleg as gevolg van die pyn.”

Bella het haar na die Child Medi Organisation gewend en hulle het genoeg geld ingesamel sodat Dirkie ‘n privaat spesialis kon sien.

“Die spesialis het bevind dat daar niks met hom fout is nie en het gesĆŖ die pyn wat Dirkie ervaar is normaal.

“Ek het ons huisdokter gekontak en hy het Dirkie vir ‘n tweede opinie na ‘n uroloog gestuur. Die uroloog het bevind dat Dirkie wel nie ‘n breuk het nie en het toetse laat doen om die oorsaak van die pyn vas te stel. Ons sal hopelik binnekort die uitslae van die bloedtoetse kry.”

Dirkie vertel dat hy ‘n bang is vir wat vir hom voorlĆŖ en dat die pyn baie erg is. Hy is ‘n kranige jukskeispeler wat vir sy skool se o/13B-span gespeel het.

Bella vertel dat hulle nie aan ‘n mediese fonds behoort nie en dat daar nog baie mediese uitgawes gaan wees om Dirkie te help.

Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak vir Dirkie se behandeling kan die geld aan die Child Medi Organisation oorbetaal. Daar is ook belastingverligtingsvorms beskikbaar vir diegene wat dit benodig.

Child Medi Organisation.

FNB tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Dirk.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button