Local NewsNews

Memorandum vir plaasaanvalle aan SAPS oorhandig

Afriforum se takke in Limpopo het op Dinsdag, 21 November, memorandums aan plaaslike polisiestasies in die provinsie oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.

LIMPOPO – Die memorandums is by polisiestasies in Warmbad, Louis Trichardt, Lephalale, Modimolle, Mookgophong, Polokwane, Phalaborwa, Tzaneen en Hoedspruit oorhandig. Al die polisiestasies het die memorandums met ‘n positiewe gesindheid ontvang. “Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg jaarliks en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê AfriForum Limpopo Distrikskoördineerder, Jaco Grobbelaar. AfriForum poog tans om die strukture, wat op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase gemik is, te skep en te versterk. Om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit, SMS ‘Buurtwag’ na 45340 (R1) om so ook ‘n verskil in jou gemeenskap te maak.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button