Local NewsNews

Joernalis se valkoog trek verdagte vas

Die vinnige optrede van Bosveld-joernalis, Mariëtte Roos lei tot inhegtenisname van verdagte.

MOKOPANE – Roos was Donderdagmiddag net voor 16:00 onderweg na ‘n onderhoud,  toe sy die verdagte voertuig wat Woensdagmiddag glo gebruik was in ‘n roof op ‘n bejaarde vrou by ‘n motorhawe gewaar het.

Roos  is Woensdag deur Suricat van die voorval op die bejaarde by die motorhawe in kennis gestel.

“Met my aankoms by die motorhawe, het die verdagtes reeds op die vlug geslaan en die bejaarde vrou was ook nie meer op die toneel nie.  Ek het wel na die kringtelevisie-opnames (CCTV) gekyk en dis hoe ek die voertuig wat in die voorval gebruik is kon identifiseer.”

“Toe ek Donderdagmiddag die verdagte voertuig gewaar, het ek hulle tot by ‘n restaurant gevolg, waar die bestuurder en passasier iets gaan nuttig het. Ek het dadelik vir bystand  geroep.”

Marcelle Maritz, Limpopo Leier van die Vryheidsfront Plus, het Roos se stemboodskap op die noodgroep gehoor en na die toneel gehaas. “Onderweg na die toneel het ek Suricat, die Valkebuurtwag en die polisie vir hulp gekontak. Roos is ‘n goeie vriendin van my en ek was bekommerd oor haar veiligheid, sy was vrou alleen op die toneel,“ vertel Maritz.

Volgens Maritz kon hulle die voertuig uitken as dieselfde voertuig wat Woensdag in die roof gebuik is. Die polisie het die verdagte  na die polisiestatsie vergesel.

Maritz sê aangesien die bejaarde vrou in Woensdag se voorval, nie ‘n saak by die polisie gaan oopmaak het nie, en ook nie haar besonderhede by die motorhawe gelos het nie, het niemand geweet wie sy is nie.

Volgens Maritz kan die verdagte skotvry weggestap het indien die bejaarde vrou nie ‘n saak by die polisie aangemeld het nie.

“Daar was inderhaas na die vrou begin soek; die gemeenskap het boodskappe op sosiale media uitgestuur, Suricat het gehelp soek en toe kry hulle die oproep van Alisha van Biljon,  dat dit haar ma, Anna-Marie van Biljon is.”

‘n Besigheidsman van die dorp, Hennie de Vos, het aangebied om Van Biljon te gaan haal en na Mokopane Polisiestasie te bring om ‘n klag te lê, aangesien sy op Sterkrivier woon.

Maritz het Van Biljon bygestaan met haar verklaring, waarna die verdagte gearresteer is. Die polisie ondersoek die saak.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button