GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

[FOTOS] Mnr en Mej Oosskool

Laerskool Pietersburg Oos het Dinsdag, 2 November hulle Mnr en Mej Oos-Skool skoonheidskompetisie gehou. Ouers het in groot getalle ingestroom om die merkwaardige aand te beleef.

POLOKWANE – Die geleentheid is deur ‘n reeks opvoerings insluitend toneel speel asook sing en dans optredes afgeskop. Tydens een van die opvoerings, het die deelnemers ‘n vergelyking tussen ‘n modern selfoon en ‘n outydse selfoon getref. Ander vorms van vermaak wat tydens die aangeleentheid plaasgevind het, sluit in ‘n ballet en hip hop dans optrede, ‘n toorkunsvertoning en die deelnemers het selfs hulle wenke vir die feestyd met die gehoor gedeel.

Met betrekking tot hulle individuele projekte, is daar van elke paartjie verwag om ‘n weeshuis of ‘n skuilplek te kies waar hulle die geld wat ingesamel word, sou skenk. Die deelnemers het ‘n paar dae voor die kompetisie ‘n besoek aan die gekose weeshuis of skuilingsplek afgelê.

Die deelnemers het kort daarna met hulle modelleerwerk begin en het ook ‘n kans gekry om hulle talente behoorlik uittebeeld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button