NewsSchools

[VIDEO] PHS roep vaarwel aan 2017 se gr. 12’s

Hoërskool Pietersburg (PHS) het op Vrydag, 13 Oktober vanjaar se gr. 12-leerders 'n finale vaarwel toegeroep tydens 'n emosiebelaaide seremonie.

POLOKWANE – Dié seremonie is jare reeds al deel van PHS se tradisie en word beskou as een van die jaar se hoogtepunte wanneer die leerders vir oulaas in die skool se vierkant saam met die skool vergader as leerders van die skool.
Volgens tradisie het die verrigtinge begin met die oorhandiging van die Matriekblok, bekend as heilige grond, aan volgende jaar se gr. 12-leerders.

Die blok is in 2003 as die matriek blok begin en is met die jare verbeter waar die gr. 12-leerders deur die jaar kan braai en saam kuier.

In 2010 is daar ook ‘n posbus in die blok opgerig waarin die skoolleiers hul briewe kan plaas op hul laaste skooldag. Dié briewe gaan dan met die skool se eeufees oopgemaak en voorgelees word. Tydens die seremonie is die posbus se sleutels ook aan 2018 se gr. 12-leerders oorhandig.
Daar is na die oorhandiging ‘n erewag gevorm en die leiers het met die skoolvaandel deur die erewag na hul laaste skoolopening gestap.

Tydens die opening is hulle deur die hoof, graadvoogde en ook die 2015 hoofseun van die skool, Rikus Fick, toegespreek.
Ten einde is die skool se gelukbringers, Kardoesie en Scotty, aan die hoofseun en hoofmeisie van 2018, Louis Nel en Mari Geerkens, oorhandig.
Na die opening het die gr. 12-leerders die geleentheid gekry om deur die poort na kennis te loop wat simboliseer dat hulle nou in klaar is met skool en die wêreld ingaan.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button