Local sportSport

Kishou vir Krugies-tennisster

Idené Smit is Laerskool Krugerpark se top tennisspeler wat 'n bal behoorlik kan moker.

MOKOPANE – Sy het verlede naweek by die TSA Limpopo Baobab Tennis Toernooi haar vernuf gewys. Sy reken met al haar teenstaanders af in die o/12-ouderdomsgroep om in die finaal te speel teen Marizé van Rooyen van Modimolle. Sy wen die wedstryd met 6-4 en 6-3.

Idené Smit in aksie.

Idené het ook vroeër die maand aan die TSA Mpumalanga Grand Prix in Nelspruit gaan deelneem waar sy ‘n sesde plek opgeraap het.

Sy vertel sy het ‘n besige program en neem ook deel aan hokkie en netbal. Sy sal graag nog meer tyd op die tennisbaan wil bestee om haar spel te verbeter.

Tydens vakansies neem sy aan toernooie deel en naweke speel sy teen haar pa om in oefening te bly. “Dit verg harde werk om die nommer een senior tennispeler van Laerskool Krugerpark te wees.”

Haar gunsteling tennisspeler is Roger Federer, omdat hy “so ‘n nederige wenner is”.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button