NewsSchools

PLS-leerders se hoogste bome vang die meeste wind

By Pietersburg Laerskool moedig die onderwysers die leerders aan om meer van idiome gebruik te maak as hulle opstelle skryf en mondeling aanbied.

POLOKWANE – Dit word gedoen om die oorsprong en suiwerheid van Afrikaans te bevorder. Een van die Afrikaanse onderwysers en Skakelbeampte by die skool, Charlot van den Berg het aan Review vertel dat dit harsteer is dat dié deel van Afrikaanse besig is om uit te sterf. “Dit is ons as onderwysers se plig om dit te bevorder en seker te maak dat dit nie uitsterf nie,” het sy aan Review vertel.

As deel van die skool se idioom-projek moes die gr. 5, 6 en 7-leerders plakkate maak van sekere onderwerpe wat aan hul gegee is. Die gr. 5-leerders moes ‘n spreekwoord plakkaat oor die weer maak, wat opgeplak is in die skool, sodat al die ander leerders dit kan sien.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button