POLOKWANE – Die Tzaneen Eisteddfod is ‘n jaarlikse geleentheid waar leerders van verskeie skole aan verskillende items soos drama, dans en musiek kan deelneem.
Dit word jaarliks by Hoërskool Merensky aangebied en op 28 September is leerders van Curro Heuwelkruin vir hul goeie prestasies beloon.
Een van dié skool se uitblinkers was Mia Meyer, ‘n gr. 3-leerder wat toekennings vir haar puik prestasies indrama, kuns en Afrikaanse musiek ontvang het.
Haar onderskeie toekennings was:
- Kuns: Hoogste persentasie gr. 3.
- Musiek: Hoogste persentasie gr. 3.
- Beste Blaasinstrument: Hoogste persentasie Junior.
- Engelse afdeling: Hoogste persentasie vir dramatised poetry.
- Engelse afdeling:Hoogste persentasie gr. 3.
- Afrikaans: Mees veeslydige deelnemer gr. 3.
- Afrikaans: Hoogste persentasie gr. 3.
- Afrikaans: Hoogste persentasie vir gedramatiseerde prosa – junior.
- Afrikaans: Hoogste persentasie vir samespraak (saam met Lené van As) – junior.
- Afrikaans: Hoogste persentasie vir improvisasie – junior.
- Afrikaans: Hoogste persentasie vir onvoorbereide lees – junior.
- Afrikaans: Hoogste persentasie vir onvoorbereide advertensie.
Ander uitblinkers was Tania Rosslee (gr. 5), Kayla Muller (gr. 6), Lené van As (gr. 7), Dylan Posselt (gr. 8), Roeloff Neuhoff (gr. 9) en Boetjie Steyn (gr. 4).
Tania toekennings:
- Hoogste persentasie gr. 5 drama.
- Hoogste persentasie gedramatiseerde poësie junior.
- Hoogste persentasie monoloog junior.
- Hoogste persentasie onvoorbereide lees – prosa.
- Mees veelsydigste deelnemer.
- Wenner Afrikaanse drama afdeling junior.
Kayla toekennings:
- Hoogste persentasie in gr. 6 – vokaal.
- Mees veelsydigste leerder in vokaal gr. 6.
- Beste vroulike solis – junior.
- Algehele wenner vokale afdeling – junior.
Lené toekennings:
- Beste junior kunstenaar.
- Hoogste kuns persentasie in gr. 7.
- Hoogste persentasie vir Afrikaanse drama afdeling in gr. 7.
- Hoogste persentasie vir onvoorbereide lees: prosa – junior.
- Hoogste persentasie vir onvoorbereide advertensie – junior.
- Hoogste persentasie vir samespraak (saam met Mia Meyer) – junior.
Dylan toekennings:
- Hoogste persentasie in gr. 8 – musikaal.
- Mees veelsydigste leerder in gr. 8.
- Hoogste persentasie vir snaarinstrument – senior.
- Alghele wenner musikale afdeling – senior.
Boertjie toekennings:
- Beste manlike solis – junior in vokale afdeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.